E& OE en alle termes en voorwaardes geld
kOPIEREG@OPPISTRAND
Son, water & seesand tusse die tone
Sandkastele, sun tan lotion & Volleyball
Oppistrand bestaan uit 5 buitelug restaurante genaamd: Buren, Catzenellenbogen, Oranje , Leerdam & Nassau in ‘n nostalgiese terugblik op die kasteel in Kaapstad. Versprei op ‘n seestrand area van +- 12500 vkm en aangrensend tot a 50 000 vkm varswater dam le die stukkie Utopia net 20 km buite Pretoria langs die N4 op die anvontuurplaas Legends MX. Omring deur die plaas natuur en weg van die stad se geraas word jy meegevoer na ‘n wereld van rus en ontspanning en natuurlik lekker eet!! Al 5 Restaurante kan 60 mense sit (in terme van Covid-19 regulasies) en dan is daar natuurlik ‘n lekker strandkroeg vir die nodige lafenis van die son. Bring jou sonstoel, sambreel, suntan lotion, emmer & grafie en natuurlik swemklere en kom woel met jou tone in die seesand. Lewendige vermaak op ons strandverhoog elke dag en sommige van die Saterdag aande werk die restaurante op ’n vaste besprekingsbasis met ‘n vol 3 gang maaltyd en ingesluit ‘n bekende sanger teen ‘n vaste kaartjie prys. Hou ons webtuiste dop vir ons program asook ons sosiale media. Wanneer daar nie musikante op die verhoog is nie verskaf ons groot buitelug opblaas skerm musiek vermaak, films en sportuitsaai van 18h00 in die aand wanneer ons oop is Toegang tot die strand area is per voet en geen persone onder 18 word toegelaat sonder toesig van ‘n volwassene nie